“KISS” (KEEP IT SIMPLE AND STRAITFORWARD) SINK SPUIT-PROGRAM

PRODUK: Sink Nitraat Zn(NO3)2
KONSENTRASIE: 80-100 mg per liter

BELANGRIKE PUNTE OM TE ONTHOU TYDENS SINK-SPUIT TOEDIENINGS:

  • Die pH van die Spuit mengsel moet nie hoër as 6.5 wees nie.
  • Gebruik ‘n goeie benatter.
  • Moet nooit tydens die hitte van die dag spuit nie.
  • Lugvog moet bo 50% wees vir optimale opname. In die warm, droë streke van ons land is die lugvog gewoonlik eers laat in die aande reg.



METODE:

  • Terwyl die spuit tenk gevul word voeg die buffer by die water wanneer die tenk amper vol is. Gooi dan die Sink by en skakel die roer aksie aan. Voeg laastens die benatter by en laat goed roer.
  • Wanneer Sink Nitraat gebruik word is dit nie nodig om ekstra stikstof as draer by te voeg nie. Die Nitraat verrig daardie funksie. Met ander Sink bronne is dit wel nodig om ‘n draer by die spuit mengsel te voeg en kan Lae Buret Ureum, of ‘n vloeibare Ammoniumsulfaat gebruik word.
  • Groot druppels (groter as 500 mikron ) moet toegedien word om goeie benatting te verseker. Gebruik die regte warrelplaatjie en gaatjie grootte en spuit teen druk laer as 800 kPa. Dit behoort jou in die omgewing van ‘n duisend liter water per hektaar te gee.
  • Tradisioneel vind die eerste bespuiting met bot plaas, maar die effektiwiteit daarvan word bevraagteken. Ons vind dat goeie Sink bemesting (Sink Chelaat / Sink Sulfaat) saam met jou lente bemesting goeie resultate lewer.
  • Begin bespuitings vroeg in die nuwe groei-seisoen en herhaal dan elke veertien tot 21 dae tot en met einde Maart. Dit sal verseker dat die boom optimaal groei en produseer.
  • Saam met elke tweede bespuiting kan ander mikro elemente by gevoeg word om die balans in die plant optimaal te hou.



Vir enige verdere navrae kontak ons gerus

Vriendelike Groete: