Sink (Zn) in Pekanneute

Geagte PMMC-SA vriende:

Neute is geoes en nuwe aanplantings is klaar aangeplant. Miskien sal die goeie opbrengste wat by baie Pekanneut boere gerealliseer het, tesame met die goeie pryse wat hierdie jaar geheers het baie ander boere aanspoor om soos ons uitbreidings in die Suid Afrikaanse Pekanneut bedryf te bevorder.

Hierdie jaar was weereens ‘n bewys van baie goeie geld te maak in die pekanneut bedryf. Let wel (soos genoem in van my vorige artikels) het die internasionale mark standaarde strenger geraak en swak neute sal verseker in die groeiende mark ‘n swak markprys realliseer in die toekoms. Alhoewel baie faktore te doen het met swak kwaliteit neute, is Sink (Zn) sekerlik een van die mees kritiese.

Soos iemand in die Texas Pecan geskryf het die volgende:
“If you do nothing else to care for your pecans trees, water them regularly and apply zinc applications throughout the early growing season. It is my firm belief that there is nothing more important if you are to achieve a successful pecan crop year after year.”
http://www.texaspecantrees.com/pecan_trees_zinc_requirements.html

Wat is die doel van Sink(Zn) in Pekanneute?

  • Zn word gebruik vir koolhidraat produksie in plante.
  • Zn help om die beweging van suikers binne in die plant te reguleer.
  • Zn is krities vir plant groei regulering.
  • Zn tekorte veroorsaak dat die blare (omdat blare dan kleiner is) die krities belangrike prosesse van fotosintese beinvloed.



    Hoe lyk zink tekorte in Pekanneut bome?


Pekanneut bome het ‘n geneigtheid tot Zn tekorte. Kyk vir klein blare met kurwes, blare wat krul, golwende blaarrandte, ‘n ligte geel verkleuring tussen die are van die blare, dooie takke met geen blare nie en ook baie opvallend vanaf ‘n afstand, lang blaar takke met klein blaar klosse aan die punte. ‘n Bewys van Zn tekorte in neute is neute met swak gevulde kern en dowwe neute. Ook opvallend nadat geoes is, is die hoeveelheid skudblare wat aan die bome bly vassit. Hoe meer skudblare aan die bome sit en nie afval nie, hoe groter sal die Zn-tekort in die bome wees.
 
Sink (Zn) toediening:
Daar is gewoonlik twee metodes hoe Zn toegedien word. Die eerste is toediening aan die grond onder die bome, en tweedens deur die blare (gewoonlik met ‘n mis spuit) in ‘n vloeistof vorm.

Zn toedieninig deur die grond kan op verskeie maniere toegedien word. Deur die besproeingstelsel (mikro of drup), of om die boom voordat water toegedien word (mikro of vloed).

Hoë druk misspreiers is baie duursaam en dit moet sterk genoeg druk lewer om die vloeistof tot by die boonste takke (soms tot 12 meter hoog) van die boom te kan kry.

Wanneer om Zn met hoë druk missproeiers deur die blare toe te dien:
Zn toediening deur die blare sal eers vanaf vanaf die lente plaasvind nadat die bome begin bot het.
Dit is krities belangrik om die eerste Sink toediening in hierdie stadium te begin gee. 
Sagte ogies en nuwe groeiende lote is hoogs absorberend (veral vir Zn), tydens hierdie stadium. Blaar ontwikkeling en loot verlenging neem vinnig toe nadat Zn opgeneem is.

Moet nooit Zn gedurende die hitte van die dag spuit nie want dit kan jou blare brand. Huidmondjies op die blare is geneig om ook toe te maak gedurende kwaai hitte en dit sal die opneembaarheid van die Zn verminder. Spuit jou bome ook goed nat. Dit moet lyk of reën-druppels vanaf die blare afloop en om die boom val.

Vanaf bot, elke 3 weke moet Zn gespuit word tot en met einde Maart. Daar is baie verskillende opinies aangaande die feit tot wanneer Zn bespuitings toegedien moet word. Moet nie probeer geld spaar om Zn in Januarie maand op te hou spuit nie. Soos vroeër genoem: “Zn speel ‘n kritiese rol tydens fotosintese vir koolhidraat produksie in die plant en Zn is ook nodig om die beweging van suikers binne in die plant te reguleer. Tydens Februarie en Maart vind neutvulling nog plaas. ‘n Tekort aan water en Zn tydens hierdie twee maande sal sekerlik ‘n invloed hê tot die persentasie dowwe neute wat geoes word.

Tipes Zn: Daar is verskeie tipes Zn om toe te dien op pekanneute. Van die mees gewildste middels om op Pekanneute toe te dien is Sink Sulfaat, Sink Nitraat en Sink Chelaat. Kontak u verskaffers vir aanbeveling en tipes toediening wat by u boerdery praktyk kan inpas.

Onthou dat blaar en grondontledings ten sterkste aanbeveel word om tekorte en toksisiteit uit te wys vir boord spesifieke aanbevelings.